Explore
Also Available in:

Cecil die leeu: moet ons omgee?

deur
vertaling deur Gerda de Wet

Wikimedia Commons Cecil-the-lion

Moet ons omgee dat Cecil die leeu gejag en doodgemaak is?

In Julie is ’n leeu doodgemaak. Duisende leeus vrek jaarliks in Afrika weens natuurlike oorsake. Was dit nie vir die feit dat hierdie leeu die afgelope paar jaar redelik bekend geraak het by die algemene publiek nie, sou dit beswaarlik nuuswaardig gewees het. Mense van regoor die wêreld weet van Cecil die leeu. Sy ontydige dood het hoofopskrifte in die nuus op die internet gehaal. Mense wat Zimbabwe skaars op ’n kaart kan vind, is nou woedend oor die feit dat ’n leeu daar doodgemaak is.

Die diereregte-organisasie PETA (People for the Ethical Treatment of Animals) het reeds ’n verklaring uitgereik waarin hulle hulle begeerte uitspreek dat Walter Palmer, die Amerikaanse tandarts wat die leeu geskiet het, “uitgelewer, aangekla en verkieslik gehang word”.1 Meer as 120 000 handtekeninge is onlangs ingesamel tydens hulle petisie teen die jag van leeus.2 Of dit prysenswaardig is of nie, hang af van wat ons oor ons eie oorsprong glo. As ons die Bybelse mandaat aanvaar om na ons omgewing om te sien en vir die diere te sorg wat aan ons heerskappy toevertrou is (Genesis 1:28), dan maak enige poging om wreedheid teen diere te verminder, sin. God gee om vir diere, en ons moet Sy voorbeeld volg (Mattheus 6:26).3

As die mens egter, soos die leeus, sy bestaan te danke het aan miljoene jare se brutale bloedvergieting in die stryd om oorlewing en voortbestaan van eie gene, lyk enige weersin in dierewreedheid ’n bietjie naïef en teenproduktief. As natuurlike seleksie ons immers in die eerste plek hier gekry het, is nog ’n dooie leeu beswaarlik ’n tragedie. Volgens evolusie het leeus ongeveer 700 000 jaar gelede op die toneel verskyn.4 Dit beteken dat daar ten minste 10 miljard leeus moes doodgegaan het voordat Cecil dood is.5 En ek sou raai dat die meeste leeus, soos Cecil, nie in vrede in die natuur gevrek het nie. Indien die storievertelling van evolusie waar is, het ons eintlik baie min rede om enige passie te toon.

As ons vanuit die perspektief van al die ander diere kyk wat deur Cecil doodgemaak is en dié wat nog deur hom doodgemaak sou word, is dit inderwaarheid moeilik om te verstaan hoekom ons moet treur eerder as om bly wees dat Cecil uiteindelik gekry het wat hy verdien. Watter gronde gee evolusie aan ons om te kies tussen ’n leeuliefhebber te wees teenoor ’n wildsbok-liefhebber? En waarom is dit prysenswaardig om vermaak-films te maak waar diere mekaar martel en doodmaak, maar dis wreed as menslike "diere" dieselfde doen? ’n Mannetjie leeu kan al die welpies van ’n ander trop doodmaak, en niemand trek ’n petisie op dat reg moet geskied nie. Maar wanneer ’n mens ’n leeu doodmaak wat ‘strafbaar’ vir massa-dieremoord is en in ’n laat stadium van sy lewe, beskou die internasionale gemeenskap dit as "vuilspel".

As die natuur inherent “rooi in tand en klou is,”6 watter gronde het ons om teen enige bloedvergieting of wreedheid in hierdie wêreld te protesteer? Volgens die evolusionêre model is dood en wreedheid nie net noodsaaklik vir natuurlike seleksie nie, maar volgens Charles Darwin moet hierdie euwels gesien word as “pragtig en wonderlik.”7 Charles Darwin het die volgende in Origin of Species geskryf:

“Dit mag dalk moeilik wees, maar ons behoort die wreedaardige,instinktiewe haatvan die koninginby te bewonder, wat haar instinktief dring om die jong koninginne, haar dogters, onmiddellik te vernietig sodra hulle gebore is, of om self in die geveg om te kom … moederlike liefde of moederlike haat … is almal dieselfde in die meedoënlose beginsel van natuurlike seleksie.”7 (my beklemtoning)

Dus bly evolusie in gebreke om te verduidelik hoekom dit moreel verhewe is om vir diere om te gee eerder as om hulle te martel. Alhoewel die meeste mense besef dat daar inderdaad iets verkeerd is met die sinlose wreedheid teenoor diere, is die kritieke vraag: Kan hulle wêreldbeskouing enige sin daaruit maak? Selfs Darwin kon nie volgens sy oortuigings leef nie. Hier volg ’n paar voorbeelde:

  1. Hy was spyt oor hy eens as ’n seun ’n klein hondjie wreedaardig geslaan het.8
  2. As hy visgevang het, kon hy homself nie so ver kry om lewendige wurms aan die hoek te sit nie – in plaas daarvan het hy hulle eers in soutwater doodgemaak.8
  3. Hy het een keer ’n spinnekop gered wat besig was om stadig deur ’n perdeby doodgesteek te word.9
  4. By ’n ander geleentheid het Darwin ’n perdeby gekry wat in ’n spinnekop se web vasgevang was. Hy skryf die volgende: “Ek het die perdeby jammer gekry nadat dit vir meer as ’n uur gesukkel het, dit doodgemaak en teruggeplaas in die web.”9
  5. J. M. Herbert, ’n Cambridge-vriend van Darwin, skryf as volg oor ’n insident waar Darwin op ’n voël afgekom het wat kort gelede geskiet is en besig was om te vrek: “Dit het so ’n pynlike indruk op sy gemoed gemaak dat hy dit nie met sy gewete kon versoen om plesier te put uit ’n sportaktiwiteit wat sulke wrede lyding veroorsaak nie.”10
  6. Darwin het by die Royal Society for the Prevention of Cruelty to Animals aangesluit en was bekend vir die aktiewe standpunt wat hy teen haangevegte en ratel-uitlokking ingeneem het. Hy het ook ’n klag teen ’n boer gelê wat sy diere van die honger laat vrek het.11

Dus, die feit dat die mishandeling van ’n leeu gelei het tot ’n wêreldwye protes, getuig van die feit dat ons almal weet dat ons in ’n gevalle en gebroke wêreld leef, een wat nie is soos dit moet wees nie—net soos God in Genesis 3 verklaar. Maar as ons die Bybelse skepping ontken, verloor ons enige gronde om besorg te wees oor nog ’n leeu in Afrika wat doodgema.

Verwysings en notas

  1. PETA, PETA Statement: Zimbabwe’s beloved lion Cecil gunned down by American dentist/hunter, beskikbaar by peta.org, 2015. Keer terug na teks.
  2. PETA, Take action for Cecil the Lion!, beskikbaar by peta.org, 2015. Keer terug na teks.
  3. Op die oog af mag dit lyk na ’n saak vir vegetarisme, maar God het vir ons toestemming gegee om diere in ’n gevalle wêreld dood te maak en te eet wat in elke geval sou vrek (Genesis 9:3). Nogtans, as getroue rentmeesters van die skepping, beteken die feit dat ons diere kan eet nie dat ons wreed teenoor hulle mag wees nie. (Spreuke12:10). Keer terug na teks.
  4. Wikipedia, Lion, beskikbaar by wikipedia.org, 2015. Keer terug na teks.
  5. Gegrond op data van Verw. 4. Die leeubevolking in Afrika is in die vroeë 1990’s tussen 100 000 en 400 000 geskat. ’n Mannetjieleeu sal selde langer as 10 – 14 jaar in die natuur lewe. Dus sal ’n laer limiet van die totale aantal leeus wat al op die planeet was, beraam word deur (700,000/14) x 200,000 = 10,000,000,000. Keer terug na teks.
  6. Tennyson, A.L., In Memoriam A. H. H., Houghton Mifflin Company, Boston and New York, p. 62, 1895. Keer terug na teks.
  7. Darwin, C.R., On the Origin of Species by means of Natural Selection, or the Preservation of Favoured Races in the Struggle for Life, 1ste uitgawe, John Murray, London, p. 490, 1859. Keer terug na teks.
  8. Darwin, C.R., The Autobiography of Charles Darwin 1809–1882. With the original omissions restored, edited by Nora Barlow, Collin, London, p. 27, 1958. Keer terug na teks.
  9. Darwin, C.R., Journal of researches,2nd Edition, John Murray, London, p. 36, 1845. Keer terug na teks.
  10. Darwin, C.R., The Life and Letters of Charles Darwin, vol. 1., Geredigeer deur Francis Darwin, John Murray, London, p. 167, 1887. Keer terug na teks.
  11. Herbert, D., Charles Darwin’s Religious Views: from creationist to evolutionist, Joshua Press, Ontario, p. 118, 2009. Keer terug na teks.

Helpful Resources

Discovery of Design
by Donald DeYoung & Derrik Hobbs
US $15.00
Soft cover
Exploring the World of Biology
by John Hudson Tiner
US $12.00
Soft cover
World Winding Down
by Carl Wieland
US $8.00
Soft cover